Onderburgemeester Noluthando Mwati aan die woord.

Oudtshoorn se burgemeester, Colan Sylvester, spit Maandag die eerste sooi vir die Bridgton Mall. Foto’s: Wyndham Ewerts
Deur Wyndham Ewerts
VAN die inwoners wat Maandag by die bekendstelling van die nuwe Bridgton Mall was, het in ’n stadium so rumoerig geraak, dat die burgemeester van Oudtshoorn, Colan Sylvester, van die toneel weggeneem is.
Die beskikbaarheid van werk vir inwoners was een van die kwessies wat teenwoordiges aangespreek het.
’n Gemeenskapsleier en inwoner, Louis Morrison, het gesê hoewel sy bly is dat die projek gaan realiseer, sy bekommerd is dat die betrokke wyk se massa werkloses nie voordeel gaan trek uit die ontwikkeling nie. “Ons is ook ongelukkig dat niemand ons ingelig het die bekendstelling gaan vandag plaasvind nie,” het sy gesê.
Hennes Schreuder, ’n projekkonsultant vir die ontwikkelaar, het inwoners gerusgestel en verseker dat Oudtshoorniete sal baat vind by die nuwe sentrum. “Ons kan egter nie verwagtinge skep nie, en almal sal moet aansoek doen vir poste soos dit geadverteer word.
“Inwoners moet ook in ag neem dat vaardighede ’n groot rol speel en daarom sal die toekomstige werknemers nie uitsluitlik uit
Wyk 13 kan kom nie,” het hy bygevoeg.
• Oudtshoorn se burgemeester, Colan Sylvester, het die projek bestempel as ’n ideale ontwikkelingsgeleentheid waarby die Groter Oudtshoorn kan baat vind.
Van die teenwoordiges het egter begin oproerig raak en Sylvester beskuldig dat hy hulle stil maak wanneer hulle hul menings wil lig. Syl- vester se vrou, Amy, moes die eerste burger later na veiligheid begelei toe van die mense handgemeen wou raak.
Noluthando Mwati (onderburgemeester) het daarna gemoedere probeer kalmeer. Sy het aan die skare gesê hoewel sy self van Oos-London is, sy nie ten gunste daarvan is dat mense van ander dorpe in Oudtshoorn moet kom werk nie.
“Ek is ’n Oudtshoorn-burger en my hart is met Oudtshoorn se mense. As besighede plaaslik groei, moet Oudtshoorn se mense saam met dit groei,” het sy bygevoeg.