Groot kontant in nag by Clicks gesteel

'n Polisievoertuig voor Clicks op Oudtshoorn vandag. Foto: Ilze-Marie Gründling

‘n Polisievoertuig voor Clicks op Oudtshoorn vandag. Foto: Ilze-Mari Gründling

CLICKS op Oudtshoorn is vandag gesluit en die polisie tans besig met ‘n ondersoek in die winkel na ‘n inbraak gisteraand.

Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, is R80 000 se kontant gisteraand uit ‘n kluis binne Clicks gesteel. Die diewe het toegang tot die winkel van die agterkant van die gebou af verkry.

Michaels sê dit wil voorkom of niks anders uit die winkel gesteel is nie. (Berig deur Liesel le Roux)