BEURTKRAG het vandeesweek ook sy tol in die Klein Karoo geëis en veral besighede in die streek erg benadeel.
Maandag het die erns van Suid-Afrika se elektrisiteitskrisis waarskynlik alle inwoners van die land vol in die gesig getref toe Eskom omstreeks 18:00 bekend gemaak het dat daar vir die heel eerste keer oorgegaan sal word tot Fase 6-beurtkrag.
Eskom se webtuiste was nie in daardie stadium beskikbaar om vas te stel wat Fase 6 behels nie, terwyl die gewilde toepassing Eskom se Push ook nie toe inligting gehad het oor Fase 6 nie.
Dit wil egter voorkom of Suid-Afrikaners dalk ten minste tydelik Fase 6 sal kan systap.
Wanneer die meeste fabrieke volgende week sluit en baie mense met vakansie gaan, sal die vraag na elektrisiteit na verwagting daal en belangrike herstelwerk deur Eskom aan hul kragsentrales gedoen kan word.
Fase 6 laat almal groot skrik
