Byna 100 Covid-sterftes nou op Oudtshoorn

OUDTSHOORN lê tans tweede in die Tuinroete, na George, wat die aantal aktiewe Covid-19-gevalle en ook sterftes as gevolg van Covid-19 betref.

Teen gister (Woensdag 14 Oktober) het Oudtshoorn altesaam 1 529 Covid-gevalle aangeteken, met 1 350 mense wat herstel het, 83 aktiewe gevalle, en 96 sterftes.

Volgens Nadia Ferreira, woord­voer­der van die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid in die Tuinroete, het die departement ’n klein toename in die algehele Covid-syfers in die streek oor die afgelope 14 dae opgemerk.

“Die situasie word gemoniteer. Hospitalisasies in die openbare sektor het geen groot veranderinge getoon nie,” het sy bygevoeg.

Ferreira sê dit is tans uiters belangrik dat almal saamwerk om ’n moontlike tweede golf infeksies te voorkom.

“Dra asseblief jou masker, hou ’n afstand van ander mense, en moenie na plekke toe te gaan waar groot getalle mense is nie. Was ook jou hande gereeld,” het sy gesê.

Volgens die WKDG se Covid-dashboard lyk die res van die Tuinroete se syfers so:
George – 113 aktief en 115 sterftes; Mosselbaai – 60 aktief en 71 sterftes; Knysna – 17 aktief en 50 sterftes; Bitou – 11 aktief en 23 sterftes; Kannaland – 10 aktief en 1 sterfte; Prins Albert – 3 aktief en geen sterftes. (Deur Stefan Skapie Goosen)

Be the first to comment on "Byna 100 Covid-sterftes nou op Oudtshoorn"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*