BORGTOG van R1 000 is in die Oudtshoorn-landdroshof toegestaan aan ’n man van Bongolethu wat van moord op sy saamleefmaat aangekla word.
Xolile John Blom (35) het aangedui dat hy skuldig sal pleit op die klagte van moord op Cornelia Hendricks.
Die ondersoekbeampte, ao Piet Hendricks, het nie borgtog teengestaan nie.
Landdros Roelf Konstabel het aan Blom verduidelik dat hy teregstaan op ’n bylae 5-misdaad. Van sy borgvoorwaardes is dat hy nie by verdere misdaad betrokke moet raak nie en nie Oudtshoorn mag verlaat sonder die kennis van die ondersoekbeampte nie.
Die saak is tot Vrydag 6 Maart uitgestel.