Met meer as 20 venues wat elk ’n unieke aanbieding het is daar volgende naweek geen ander bestemming in die Klein Karoo as Calitzdorp nie.
Die gewilde Calitzdorp Expressed-naweek word op Saterdag en Sondag, 14 en 15 Junie aangebied.
Calitzdorp is reeds wêreldwyd bekend vir sy wyn, port, whisky en brandewyn en kelders in die dorp wen gereeld internasionale pryse.
Slegs 50 km vanaf Oudtshoorn en skaars 100 km vanaf George is Calitzdorp Expressed die ideale geleentheid om vir die naweek of selfs net vir ’n dag weg te breek. Daar is te ete, en te drinke en dinge om te sien en te hoor – voorwaar ’n Klein Karoo-ervaring. (HANNES VISSER)
Alle paaie lei na Calitzdorp-fees
