Akademie op Oudtshoorn stuur versorgers die land in
’n Handvol van die 270 leerling-versorgers verbonde aan die Oudtshoorn-tak van die Robert Sobukwe Nursing Academy (RSNA) het gister (Woensdag, 14 Desember) by die Thusong Gemeenskapsaal in Bongolethu bymekaar gekom. By hulle is raadslede en personeellede van die akademie. Die res van die leerlinge is tans besig met praktiese opleiding. Die RSNA beywer om jongmense op te lei as onder andere versorgers, tuisversorgers, gesondheids- en verpleegassistente en nog meer. Hul kursusse word deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Beroepsveiligheid en Gesondheid geakkrediteer, en daar is 10 sulke akademies tussen die Tuinroete, Klein Karoo en Sentraal Karoo. Volgens operasionele bestuurder, Emile Cupido, is hierdie akademies besig om landwyd uit te brei.
Foto: Stefan Skapie Goosen