AfriForum Oudtshoorn het Woensdag (27 Oktober) ’n volwaardige buurtwag vir die Groter Oudtshoorn gestig.
Die buurtwag staan amptelik bekend as die Oudtshoorn AfriForum Buurtwag.
Die straatkomitees van Wesbank en Oudtshoorn-Noord vorm nou ook deel van die buurtwag.
Daar is ook plaaswagte op Lategansvlei, Volmoed en Rooiheuwel gestig.
Ander gedeeltes van die dorp/plaasgebiede is welkom om aan te sluit.
Elkeen van die sektore reël hul eie sake, maar rapporteer terug na die oorhoofse struktuur vir Oudtshoorn. (Deur Heinrich Bosman)