Woensdagoggend het 493 nuwe kandidate van die SAPD Akademie op Oudtshoorn, hul amptelike uitpasseringsparade op die De Jager Sportveld gehou. Die geleentheid is bygewoon deur, van links, raadslid Johan Fourie; brig Belinda Pather, waarnemende adjunk-distrikskommissaris van die Tuinroete; brig Susan Crafford, stasiebevelvoerder van Oudtshoorn; Oudtshoorn se burgemeester Chris Macpherson; kol Soyiso Mantyi, sigbare polisiëringsbevelvoerder van Oudtshoorn en lt-kol Tania du Plessis. (Foto verskaf)