Brandstigting ondersoek

Die toneel van gisteraand se brand.

Die toneel van gisteraand se brand.

Rommel en die geraamte van 'n gebou was die gesig vanoggend by die herwinningsaanleg.

Rommel en die geraamte van ‘n gebou was die gesig vanoggend by die herwinningsaanleg.

Die Oudtshoorn Polisie ondersoek ‘n klagte van brandstigting by die herwinningsaanleg in Oostelike Weg op Oudtshoorn.

Rommel en roet en die geraamtes van strukture was vanoggend al wat oor was op die gedeelte van die perseel waar die brand geword het.

Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het  werkers die brand omstreeks 20:18 gisteraand ontdek. Hy het gesê die polisie kon nog nie die oorsaak van die brand bepaal nie.

Die omvang van die brandskade word nog bepaal.