Sewe jaar gewerk aan dié CD

Brian Nieuwoudt (tweede van links) by die bekendstelling van sy CD Vrygekoop. By hom van links staan Sebastian Nieuwoudt (baskitaar), Pieter Grobler (tromme), Hendrik Mostert (klawerbord) en Tommy Bell (kitaar).                                     Foto: Ilze-Mari Gründling

Eerste geestelike CD

Deur Ilze-Mari Gründling
’N PLAASLIKE musikant van Oudtshoorn het onlangs sy nuutste CD, Vrygekoop, bekendgestel nadat hy vir sewe jaar daaraan gewerk het!

Brian Niewoudt, ook bekend as Basjan, het verlede Dinsdagaand (3 Oktober) voor ’n volgepakte Casa del Sole-restaurant die gehoor vermaak met liedjies wat hy self geskryf het.

Vrygekoop is ’n Christelike album wat geskryf is met die doel om ’n Christelike boodskap oor te dra.

“Ek was vir vyf jaar voltyds in die sekulêre bedryf totdat ek in 2010 ’n roeping ontvang het. Ek het al my sekulêre shows gestop en besluit om hierdie album te skryf.

“In my hart weet ek dit is die regte ding om te doen. Dit is my passie. Ek gee nie om of ek ’n inkomste daarmee maak nie. Die boodskap moet net oorgedra word.”

Brian se CD kan bestel word by die e-pos-adres vrygekoopmusiek@gmail.com en sal ook binnekort in musiekwinkels en op iTunes beskikbaar wees.

Om te bespreek vir plaaslike lofprysings, kontak Brian by 082 322 7526.