Oudtshoorniete het verlede Dinsdagaand (11 Junie) die gesellige Klein Karoo Ostrich Emporium op die dorp volgepak vir ’n konsert wat die talent van die pianis Aniel Ewerts (voor) bekend gestel het. Aniel kan nie note lees nie en het homself in ’n groot mate geleer speel. Hy het opgetree saam met van links Lesinda Stalmeester (sang) en Paul Amas (voorlesing van teks). Die teks is geskryf deur ds André Boezak (regs). Foto: Schalk le Roux