In pa en oupa se wielspore

Hendrik Botha en sy pa Hendricus (Batties) by sy splinternuwe renmotortjie. Foto verskaf

Deur Angelique Erasmus
KLEIN Hendrik Willem Botha (4) van Oudtshoorn volg beslis in sy pa Hendricus (Batties) Botha en sy oupa Hendrik Botha se wielspore.

Hendrik het Maandag sy vierde verjaarsdag gevier en sy eie renmotor as verjaarsdaggeskenk gekry!

Dié haastige motortjie is in Port Elizabeth gebou, en sy pa het die enjin vir hom gekoop.

Die opgeboude “go-cart” se ontwerp is op die V8-motors gebaseer, en het ’n 200cc-grassnyerenjin in.
Hendrik het sommer al Maandag sy eerste oefenlopie in die motortjie – wat met dieselfde nommer as op sy pa s’n spog – geneem..

Hendrik se oupa het destyds in die gemodifiseerde klas deelgeneem, en sy pa ry in die 2.1-klas. Sy pa het reeds Suid-Afrikaanse kleure in Ovaalbaanren verwerf.

“Hy het dit vreeslik geniet,” het sy pa oor Maandag se eerste rit aan Die Hoorn gesê.

Klein Willem het selfs ’n paar keer “doughnuts” met die renmotortjie gemaak en met die geruite vlag vir foto’s geposeer.

Hou die klein seuntjie dop, petrol vloei beslis in sy are!