Pyplyn nou vir lekkasies ondersoek

Raubenheimerdam: Nuwe pyp klaar geïnstalleer

Die nuwe helderblou pyp wat die stukkende pyp onder die Raubenheimerdam vervang het.  Foto verskaf

Die nuwe helderblou pyp wat die stukkende pyp onder die Raubenheimerdam vervang het. Foto verskaf

DIE nuwe pyp waarmee ’n stukkende pyp onder die watervlak van die Raubenheimerdam vervang moes word, is verlede week suksesvol geïnstalleer.

Volgens Ntobeko Mangqwengqwe, woord­voer­der van die Oudtshoorn Munisipaliteit, moet die nuwe pyp nog in beton gegiet word.

“Verlede Vrydag laatmiddag is die pyplyn getoets en was dit geslaag.”

Volgens Mangqwengqwe gaan ’n lekkasie-opsporingspesialis vandeeweek met sy ultrasoniese toerusting die pyplyn in die tonnel onder die dam na om vir enige ander moontlike swakplekke of lekkasies in die pyplyn te soek.

“Dit is belangrik dat hierdie proses plaasvind terwyl die kontrakteur nog op die terrein is.”