Sms’e van lesers

■ Glad nie verbaas dat Watson & Brink hulle noodapteek Queen’s Mall toe verskuif nie. Ons middedorp is besig om te verval. As jy medikasie wil koop na ure word jy oorval deur bedelaars en onwettige karwagte wat aggressief is. Om in die George Mall inkopies te doen is ’n luukse. Net jammer dit is so ver JB

■  Congratulations to the municipal manager’s office for acting on a request to replace a missing stop sign. It was replaced the very next day.

■ Datum van tot wanneer tuine nie natgemaak mag word nie, is verwarrend. Munisipale kennisgewing sê 11 Junie en koerante 4 Junie. Dis ’n ernstige saak dat ons water oordeelkundig moet gebruik. (Baie dankie vir dié belangrike na­vraag. Die munisipaliteit antwoord as volg: Die regte datum tot wanneer tuine nie natgemaak mag word nie, is Maandag, 11 Junie 2018. Alhoewel, indien die lekasie-opsporingspesialis nog ’n problem vind in die pyplyn, sal die datum hersien word.)

■ ’n Klein boodskappie aan daardie gesiglose en naamlose weldoeners, wat baie keer uit hulle eie sakke die diere in Oudtshoorn en elders voer! Julle is diere-engele! Die lughawe se wilde­katte is almal wel en gesteriliseer! Dit word raakgesien! Baie dankie!

■ Kan iemand in Oudtshoorn asb help. My skoonpa woon amper 60 jaar op ’n plaas op Uitvlught. Hy en sy vrou is albei pensioentrekkers. Hulle moes hulle eie water laat aanlê en koop ook krag by die eienaar van die plaas. Die probleem vir hulle is die krag wat hulle moet koop. Tans vra die eienaar R150 vir 40 kWh. Hy gee nie ’n strokie nie; slegs die nommer wat jy indruk op die kragboksie. Hy het ook kennis gegee dat die krag gaan styg en hulle dan R200 vir 40kWh sal moet opdok. Help asb. Freddie Solomons van Kuilsrivier

■ In Hoogstraat is net twee parkeerplekke vir gestremdes en nogal baie laaisones. Wil ons verkeershoof nie maar toestemming gee dat die ge­strem­des op die laaisone mag parkeer as dit leeg staan nie. Net iets vir oorweging. Japie Coetzee

■ Hoe meer olyfbome in die Klein Karoo geplant word, hoe duurder raak olyfolie op die winkelrakke… Net soos alles anders wat onbetaalbaar raak vir gewone mense. Wat gaan van ons word?