DIE Oudtshoorn Munisipaliteit het onlangs ’n tweede aftappunt vir gesuiwerde rioolwater by die rioolsuiweringswerke aangebring om die tap van water vir inwoners te vergemaklik. Daar is nou vier krane beskikbaar vir die tap van gesuiwerde rioolwater – twee in St Saviour- straat en twee by die suiweringswerke. Gebruikers word versoek om toerusting verantwoordelik te gebruik om skade te verhoed aangesien onderhoudspanne nie oor die feestyd beskikbaar is om skade te herstel nie.