
Al wat oor is van die ou parkeermeterstelsel op Oudtshoorn.
DIE Oudtshoorn Munisipaliteit vra inwoners vir voorstelle vir ’n nuwe parkeermeterstelsel vir Oudtshoorn.
Die munisipaliteit het die week ook die publiek genooi vir terugvoer oor probleme wat met karwagte in die dorp ondervind word.
Die munisipaliteit het in ’n persverklaring aangedui dat beoog word om ’n tender uit te reik vir ’n verskaffer van ’n parkeermeterstelsel, en dat hulle graag inwoners betrokke wil maak by die proses. Hulle vra inwoners vir hul menings oor watter parkeerruimtes geskik is, watter inligting op ’n parkeermeterkaartjie moet verskyn, wat ’n aanvaarbare parkeertarief sal wees en vir watter tye van die dag die stelsel moet geld.
Inwoners kan insette stuur na comment@ oudtmun.gov.za.
“Die munisipaliteit gaan ’n openbare deelnameproses begin waarin ons die gemeenskap wil betrek sodat ons nie dieselfde probleme ondervind as met ’n soortgelyke projek in die verlede nie,” lui die verklaring voorts.