
Terwyl Valentynsdagkoors Dinsdag hoog geloop het, het Babbalbekkies op Oudtshoorn hul eie Mnr en Mej Valentyn-kompetisie gehou. Die oulike kleingoed het dit bykans onmoontlik vir die beoordelaars gemaak om wenners aan te wys! Hier is Mnr Valentyn, ’n doodmoeë Mayson Geel (22 maande, links), by sy ma Mari-Louise, en Mej Valentyn, Ciara Loggemberg (2), by haar ma Shanneth.