2 spoedkameras vir Oudtshoorn

Deur Angelique Erasmus
OUDTSHOORN se verkeersafdeling het twee nuwe mobiele spoedkameras gekry.

Hierdie nuwe kamers word reeds vanaf 4 Februarie op Oudtshoorn gebruik.

Volgens Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder van die Oudtshoorn Munisipaliteit, staan die twee kameras op twee vooraf goedgekeurde plekke, wat gereeld geroteer sal word.