’n Groep Oudtshoorn klassieke voertuigentoesiaste neem hul voertuie gereeld uit op die pad. Hul poog om so elke 3 maande bymekaar te kom. Enige inwoner wat ’n passie het vir ou en klassieke motors is welkom om by die groep aan te sluit.
Gerhard Lategan, sameroeper van die groep, kan gekontak word by 084 401 9416 vir meer inligtig oor wanneer die groep weer bymekaar gaan kom, of die volgende uitstappie wat beplan word.
Die Hoorn het ’n vorige keer by die groep ’n draai gemaak en die mooiste motors met brullende enjins aanskou, wat beslis die hart vinniger laat klop het. Foto: Stefan Skapie Goosen
Klassieke voertuigentoesiaste neem hul voertuie uit op die pad
