Die nuwe Hyundai Tucson
Hyundai stel Tucson-dieselmodelle bekend
TWEE nuwe turbodieselmodelle van die Tucson, Hyundai se sportnutsvoertuig, is so pas in Suid-Afrika bekendgestel wat die getal Tucson-modelle nou op sewe te staan bring.
Sedert die Tucson se vyf petrolmodelle in Maart vanjaar plaaslik bekendgestel is, het dit reeds ’n topverkoper in sy marksegment geword.
Die Tucson dateer terug tot 2005, maar het in 2009 plek gemaak vir die Hyundai ix35-reeks.
Stanley Anderson, verkoops- en operasionele direkteur van Hyundai Suid-Afrika, sê sedert die bekendstelling van die nuwe Tucson vroeg in 2016 “het ons gemiddeld 600 eenhede per maand verkoop wat ons boaan die SUV-marksegment plaas.
“Die Tucson-turbodiesels, wat omvattend toe-gerus is teen ’n baie mededingende prys, sal beslis ’n hupstoot gee aan Hyundai Suid-Afrika se ver-kope en die positiewe beeld van die handelsmerk.
“Dit is ’n welkome uitbreiding van ons voertuig-reeks in ’n tyd wat die motormark onder druk is,” het hy gesê.
Die twee turbo-dieselmodelle is beskikbaar met onderskeidelik ’n nuwe 1,7 liter Euro 6-enjin, wat 85 kW krag en 280 Nm-wringkrag lewer, en ’n 2 liter Euro 2-enjin wat 131 kW en 400 Nm lewer.
Die nuwe Tucson is voorwielaangedrewe met ’n sesgangratkas.
Die bekendstellingsprys van die Tucson 1.7 Executive Turbodiesel (handrat) is R439 900 en die van die Tucson R2.0 Elite (with an automatic gearbox) R519 900.
Kortliks is die nuwe Tucson se voorkoms treffend modern en vaartbelyn. Die binnekant van die Tucson is ruim met baie aandag wat geskenk is aan fyn besonderhede om die insittendes se gerief te verseker.
Die Tucson is beskikbaar met ’n reeks van tien interessante buitekleure wat vyf “pêrel-kleure” insluit.
Albei turbodiesel-modelle het leersitplekke en ’n stuurwiel wat met leer oorgetrek is.
Geen moeite is ontsien om die Tucson se binnekant ergonomies en gerieflik in te rig nie. Dit spog boonop met goed beplande ruim en doeltreffende pakplek.
Die klanktoerusting bied alles wat die moderne mens kan verwag. ’n Navigasie-stelsel is teen ’n bykomende koste beskikbaar.
Die Tucson beskikbaar ook oor veiligheidskenmerke wat vir geen ander voertuig in sy marksegment terugstaan nie. Die Tucson het vyf sterre ontvang in die Euro NCAP-toetse. Die twee nuwe Tucsons kom met ’n vyfjaar/90000 km-diensplan.
Vir meer inligting oor al die Tucson-modelle besoek gerus Hyundai Oudtshoorn of www.hyundai.co.za.
- Die inligting vir hierdie artikel is afkomstig van ’n Hyundai/Quick-mediaverklaring.