
Besturende direkteur, Dave Hooper verwelkom die gaste.

Van links: Brenton Cole (direkteur van verkope), Dave Hooper (besturende direkteur) en Bronwyn Dyter (takbestuurder).


KLIËNTE en genooide gaste is Donderdag, 17 Maart met drankies en versnaperinge onthaal by die Hyundai Oudtshoorn vertoonkamer in Langenhovenweg vir die onthulling van die nuwe Hyundai Tucson.
Die nuwe eienaars van dié tak, Dave Hooper (Besturende Direkteur) en Brenton Cole (Direkteur van Verkope) het al die pad van Durban af gereis om hul Klein Karoo-kliënte persoonlik te kom ontmoet en hulself aan die groter Oudtshoorn-mark voor te stel.
“Ons het vinnig lief geword vir Oudtshoorn” het Brenton gesê.
“Die gemeenskap se vriendelikheid het ons dadelik welkom laat voel in die streek.”
“Ons familie is al vir meer as sestig jaar suksesvol in die motorbedryf”, het Dave aan Die Hoorn verduidelik, “ en ons sien nou vreeslik daarna uit om ons passie vir goeie motors en puik diens met die mense van die Klein Karoo te kan deel.”
Die nuwe Hyundai Tucson, wat weliswaar sag is op die oog, spog met vier verskillende modelle:
• die Tucson 2.0 NU Premium
• die Tucson 2.0 NU Executive
• die Tucson 2.0 NU Elite
• die Tucson R2.0 Elite Diesel
Vir meer inligting of om ’n toetsrit te bespreek, skakel gerus die bestuurder van die Hyundai Oudtshoorn tak, Bronwyn Dyter, by 072 918 4677, of stuur ’n e-pos aan bronwyn@hyundaiodn.co.za.