Hilux steeds topverkoper

DIE Toyota Hilux se verkope in Suid-Afrika vir Mei vanjaar bewys weer eens die plaaslike gewild-heid van die bakkie.
Altesame 3338 Hilux-bakkies is verlede maand in Suid-Afrika verkoop.

Die bakkie wat die naasbeste gevaar het, is die Ford Ranger met 2819 eenhede wat in Mei verkoop is.

Die Nissan NP200, die enigste halfton-bakkie deesdae op die mark, het derde beste gevaar met 1825 eenhede wat verkoop is.
Die Isuzu KB is in die vierde plek met 1298 eenhede gevolg deur die Nissan NP300 Hardbody wat 798 bakkies van die hand gesit het.

Die Volkswagen Amarok lê in die sesde plek met 324 eenhede wat verkoop is.

Altesame 217 Land Cruiser-bakkies is verkoop.

Die Mahindra Scorpio-bakkie het 188 eenhede van die hand gesit met die GWM Steed kort op sy hakke met 173 eenhede.

Die Nissan Navara is tiende met 159 eenhede.