ONTMOET vir Lindi Brill, Die Hoorn se bemaker en ons eie blonde bom.
Lindi het einde 2022 by Die Hoorn se span aangesluit en werf al die mooi, kleurvolle advertensies vir elke week se uitgawe.
Lindi is gebore en getoë in die Rosestad Bloemfontein in die Vrystaat, maar het haar sedert 2011 hier in Oudtshoorn kom tuismaak.
Haar familie bly egter nog in Bloemfontein.
Vir die wat nog altyd gewonder het, Vrystaatlam proe net so lekker soos Karoolam. Sy het onderwys en kinderkinetika geswot, so hierdie girl het baie kundigheid.
Sy is ook ’n kranige perderuiter en ry graag uithouritte as ’n stokperdjie. Sy het ook al Fauresmith gery en menige 1ste plekke by uithouritte ingepalm.
Sy het twee oulike kinders, ’n dogter en seun wat albei in die hoërskool is, ’n man wat ys aan ’n eskimo kan verkoop en ’n ook honde, katte, ’n haas en selfs ’n paar duiwe.
Sy is baie lief vir Meksikaanse kos wat brand en sê dat Quesadillas vir haar ’n heerlike bederf is.
Só – as jy ook in Die Hoorn wil adverteer, skakel gerus vir Lindi, sy help graag.
Aangename Kennis
Foto: Ilse Jordan Photography