Sms’e van lesers

■ Het Suid-Afrika platgeval? ’n Bank word geplunder; Eskom, SAL, SAUK, die parlement in chaos. Mediese skemas, nasionale vervolgingsgesag, agt provinsies in chaos, en … nou is die aanslag op die Wes-Kaap!
Erg bekommerd.

■ Die Oudtshoorn Munisipaliteit vra gereeld dat ons tuine of plante met emmers water moet natmaak. Hul moet net weet dat daar mense is wat al in hul jare is en ook mense wat rug en ­nek­­pro­­­­­­­bleme het wat glad nie emmers met water mag of kan dra nie. Waarom kan diesulkes nie van ’n tuin­slang gebruik maak nie? Nog iets waaroor ek wonder, is wat van tuine wat onder sprinkelbesproeiing is? Dis mos niks om net die kraan oop te draai en die tuin word sagkens en heerlik natgemaak nie. Nog ’n ding: daar is besighede en skole waar die voertuie lekker met ­tuinslange en besems gewas word. Hoekom nie kyk na die inwoners se waterverbruik per maand en dan dié wie se waterverbruik baie hoog is, beboet nie. Wonder baie hieroor. Ek glo dat ons ’n nat Kersfees gaan hê.
ENGEE

■ Die Oudtshoorn Munisipaliteit het goed gedoen deur die huur van kantore by Westcottpark op te sê en in die proses duisende rande te spaar. Wat is die verhouding met die persoon waar die brand­weerwa staan en waar na verneem word groot bedrae aan huur betaal word? Dit kan maklik opgesê en ’n gebou opgerig word by die verkeersdepartement waar baie grond beskikbaar is. Alternatiewelik kan met die afdelingsraad (Eden) onderhandel word vir ’n staanplek by hul werks­winkels waar hul vragmotors parkeer word. Daar is baie staanplek beskikbaar.

Onder:

■ Raakgesien op Facebook die afgelope week: