Sms’e van lesers

■ Is dit wys dat ons nog steeds tuine mag natmaak al is die damvlakke onder 31%? Moet die munispaliteit nie miskien hieraan aandag gee soos Kaapstad gemaak het nie? Bekommerde-vra-maar-net

■ What a great Klein Karoo Klassique weekend! Thank you to Nic Barrow for bringing this wonderful programme to Oudtshoorn. Also to all the organisers – well done and thank you. Bernard and Deborah Herman

■ Ons is as rampgebied verklaar, maar kan die munisipaliteit asb vir ons wys dat hulle erns maak met die saak. Inwoners maak nog lustig tuine nat. In Kaapstad en Port Elizabeth mag geen tuine natgemaak word nie en inwoners is beperk tot ’n sekere hoeveelheid water per dag per persoon. In PE is dit ’n statussimbool as jy met ’n vuil motor ry. Om water net duurder te maak dien geen doel nie. Moe­nie van Oudtshoorn ’n tweede Kaapstad maak nie.

■ Is daar iemand wat ons bejaardes kan help met be­graf­nisboekies waarvoor ons van­af 1970 al betaal. As daar ’n geval is, word net die nodige gedoen. My ouma het al meer as R20 000 betaal. Asb, help, ek voel hulle word misbruik. Kleinkind van Volmoed

■ Daar is vannag weer draadheining by Weyers Memorial UCC-kerk gesteel. Skaam julle, diewe, en die wat dit koop, dit is die huis van die Here wat julle afbreek. Ou Koos