Sms’e van lesers

■ Wonder wie sit hul meubelstukke op straat uit net om ons sypaadjies verder te ontsier. Die sypaadjie voor St Tro­pez-woonstelle is mos ’n vullisstortterrein. Geen plesier om elke dag daarteen vas te kyk nie. Morsig! ENGEE

■ Watter trots dat Oudtshoorn vir ’n derde keer gekies is vir ’n SuperSport-rugbyuitsending – blootstelling, ekonomiese inspuiting, goeie skare­gedrag! Wees trots. Bennett Kammies

■ Ons bruin modderwater raak ’n verleentheid vir Oudtshoorn. Toe my dog­ter kom kuier, was die opdrag: Moe­nie wit klere saambring nie, want dan gaan jy met bruin klere hier weg. Die munisipaliteit moet voor die Men­se­reg­te­komissie gedaag word. Dit is se­ker kiem­vry, maar onaanvaarbaar dat sulke modderwater gedrink moet word. Ons betaal duur vir kraanwater, maar betaal nou ekstra vir gefiltreerde water in bottels. vroeer jare was dit nie so nie. Ek het baie simpatie met die gastehuise. JB

■ Het u agtergekom dat wanneer u kinders se skoolfonds agter is by ’n sekere skool op die dorp en hulle van die beste presteerders is in sport en aka­demie hulle minder erken word as die wie se skoolgeld op datum is? Of nie altyd nie, maar hulle ouers beweeg in hoë kringe en hulle kry dan voorkeur bo die minderbevoorregte kind wat sy alles insit in dit wat hy doen. Hoe jam­mer vir ons kinders wat so benadeel word. Baie teleur­gesteld. (Skoolgeld is noodsaaklik vir skole se funk­sione­ring en ons wil ouers aanmoedig om hul oor­een­koms met skole tov skoolgeld na te kom. En gesels gerus met die skool oor die ge-melde probleme. – Red)

■ Simplify your lifestyle and get out of debt.