Sms’e van lesers: 24 November 2022

Ek sukkel nou al meer as ’n jaar lank met ’n slaggat in die middel van die twee ryvlakke in Langenhovenweg. Ek het al hoeveel munisipale amptenare asook raadslede hier gehad en gekontak in die tyd. Na baie beloftes is daar nog steeds niks aan die probleem gedoen nie. Ons inwoners in die omgewing se rus word elke nag versteur wanneer die groot voertuie hier deurry.
– Moedelose Margaret