■ Mens kry nie sulke lojaliteit, sulke toegewydheid oral nie! Jorina, jy gaan verseker baie gemis word by dr Glen Carlisle se dierekliniek! Spoedige beterskap toegewens! Baie dankie vir jou vriendelikheid altyd!
■ Die enigste oplossing wat vir Oudtshoorn sal werk, is ’n koalisie tussen die ANC en DA. Daar is kundigheid en raadslede wat verstaan hoe plaaslike regering werk. Hulle het al voorheen saamgewerk en daar was geen probleme nie. Ons het vooruitgang, dienslewering en goeie dissipline ervaar. Hierdie eenman-partytjies stel net belang in posisies en werk gee vir familie en vriende.
■ Wil asb net weet waar mense hul bestuurslisensies gekry het? Parkering is glad nie op standaard nie; mense stop soos hulle wil. Ander voertuie kom glad nie in ’n spasie in nie.
■ Die DA en VF Plus kan bly wees hulle is nie deel van die koalisie-grap in Oudtshoorn nie.
■ Groot waardering vir Johan en Dalena Conradie en helpers vir die verwydering van onkruid op die terrein en sypaadjies te Bellinghanhof! Baie dankie vir die liefdesdaad. Petrie en Helena Uys
