Sms’e van lesers

■ Die persoon wat die boodskap geplaas het oor mense wat kla van die toestand van die sypaadjie voor hulle huise. Die mense kla seker nie oor papiere nie, maar oor die sypaadjie self. Hier waar ek bly, het ek al hoeveel keer vir die munisipaleteit ’n e-pos gestuur oor die sypaadjie wat hulle opgekap het om pype of kabels te lê. Na amper drie jaar is daar steeds niks gedoen nie.

■ Dankie aan elkeen wat ’n masker in die openbaar dra en so wys dat hulle ander mense en hul gesondheid respekteer.