Sms’e van lesers

■ Stryd om krag te koop
Toe ek Vrydag (16 April) by Bongulethu se munisipaliteitskantoor kom om krag te koop, toe is dit toe! Maandag die 19de toe is dit weer toe! Ek laat die kinders my stoot tot by die huiswinkel in Mullerstraat (hulle het nie). Die kinders stoot my toe tot by die winkel met die OTM naby die taverne (hulle het nie). Die kantoor is daar vir ons vir ’n gerief, maar dis meer toe as oop. Die kantoor is so min ure oop; nou maak dit enige tyd toe. Dis nie naweke oop nie. Ek moes my seun op George bel om vir my krag te koop. Naskrif: Ek is in ’n rolstoel. Askamper (Die sms is op 20 April aan die Oudtshoorn Munisipaliteit gestuur vir reaksie.
– Redakteur)

■ Kinders op fietse ’n groot gevaar
’n Onding het op Oudtshoorn posgevat en is groot gevaar: Kinders wat met fietse ry en geen verkeersreëls nakom nie. Hulle kom van alle kante voor jou motor in en as jy kwaai moet rem, is dit vir hulle ’n groot grap. Hulle besef nie dat hulle ’n ongeluk kan veroorsaak nie. As daar ’n paar fietse is, is dit nog erger – dan word jy getreiter. Kan verkeersafdeling asb daaraan aandag gee. Anna (Die sms is aan die Oudtshoorn Munisipaliteit gestuur vir reaksie. – Redakteur) 

■ Berugte hoek van Baron van Reede- en Van der Rietstraat
Kan nie glo nie… Die nuwe randakker op die hoek van Van der Riet en Baron van Reedestraat … het al weer die stryd verloor!