Sms’e van lesers: 1 Desember 2022

Enige iemand wat ’n ander koalisie as die huidige op Oudtshoorn soek, het ’n ander agenda as dienslewering, goeie administrasie, etiek en dissipline, of is bloot oningelig, onkundig of blind. Din­­ge gebeur nou in ons dorp. Daar is werkskepping, die strate ry lekker, toe­risme vorder, deure gaan oop vir klein besighede, swembaddens is reg vir kom­­petisies en ontspanning. Selfs die Nederlanders kom loer weer in. Doen so voort, burgemeester en jou span en munisipale bestuurder en direkteure.