Kommer oor vlak van geraas by skole
Ek is nie ’n spesialis op die gebied van klankproduksie of geraas nie, maar is bekommerd oor die geraasvlakke wat deesdae in skole toegelaat word, met of sonder die skoolhoof se medewete en/of toestemming/goedkeuring. Die hoë geraasvlakke meng baie keer in by naburige klasse en is dus onregverdig teenoor ander leerders.
Soms is daar wel onderhoud wat gedoen moet word en as kragtoerusting gebruik word, sal geraasvlakke tydelik hoog wees en dus toelaatbaar indien die korrekte voorsorg getref is om die blootstelling aan leerders en personeel asook besoekers te beperk tot die voor-geskrewe vlakke soos vervat in wetgewing oor gesondheid en veiligheid.
Soms is daar ander redes vir geraas soos kettingsae, blare-blasers, motors en motorfietse wat teen hoë spoed verby die skool beweeg en bydra tot hoër geraasvlakke.
Daar is ongelukkig nie voldoende wetgewing om hierdie soort geraas te beperk of beboet nie.
Dit is nie slegs geraasvlakke wat onomkeerbaar skadelik kan wees nie, maar ook die duur van die blootstelling aan die klankdruk wat die Orgaan van Corti (in die oor) permanent kan beskadig.
Die persoon wat die klankbron beheer, loop die risiko van erger gehoorskade.
Aangesien gehoorverlies ’n geleidelike proses is, wil ek skoolhoofde aanmoedig om die dienste van ’n oudio- loog/tegnoloog op die gebied van ge-raas te gebruik en die bevindinge be-kend te maak aan almal op die skool- terrein en ook die ouers/voogde van leerders asook die pers in te lig.
Aangesien die skoolhoof die wetlik aangestelde persoon is om die voor-skrifte na te kom en aanspreeklik gehou kan word indien daar gehoorverlies by leerders, personeel en/of ander persone op die skoolterrein is, behoort hy/sy die nodige voorsorg te tref om almal te beskerm.
Indien daar skoolhoofde is wat van sulke hoë geraasvlakke bewus is, hoop ek dat hulle die moeite sal doen om persoonlik ondersoek in te stel en bewus te word van dié nadelige geraasvlakke en dan daadwerklik op te tree.
Ter afsluiting wil ek net byvoeg, behalwe vir die irritasie wat dit by die onmiddelike bure van ’n skool veroor- saak, is daar soms persone wat nagskof werk of ander wat aanlyn-onderrig gee en dit moeilik vind om by hierdie on-nodige voorkombare situasie aan te pas.
– Bekommerde inwoner, Oudtshoorn
Ek kan nie glo wat ek lees nie
Die artikel en meegaande foto’s in Die Hoorn van 27 Mei 2022 oor Baron van Reede- en Van der Rietstraat het betrekking.
Terloops, foto no 2 is h/v Baron van Reede- en Victoriastraat.
Ek kan nie glo wat ek lees nie: verkeerspesialis en/of raadgewende ingenieurs wat “bevind” dat die hoofoor- saak ’n “sigbaarheidsprobleem” is. Dan nogal na verskeie kante toe. Né! (Tell us something we don’t already know.)
Om dié sigbaarheidsprobleem op te los, word voorgestel dat dubbelbane na enkelbane verander word! Sulke twak het ek lanklaas gehoor en dan word die verslag aan die provinsiale regering voorgelê. Geen wonder dat daar nog geen terugvoer van Provinsie gekom het nie. EK EN JY WAT HIER LEES, HET VIR DIE TWAK BETAAL.
Verwyder die eerste vier bome aan die westekant (dorpkant) in Baron van Reede, en die probleem met sigbaarheid sal grootliks opgelos wees.
Sommer Maandag al! (Geen toe-stemming nodig van Provinsie nie.) Daar is nie werklik enige probleem met geboue wat sig versper nie.
Slegs die inwoners wat Van der Riet/Baron van Reede in spitstye gebruik, kan die druk self verminder. Gebruik bietjie eie inisiatief en ALMAL sal deel daarin.
Kan die Munisipaliteit sy geld terug kry by die “spesialiste” en dit terugploeg in my maandelikse munisipale belastingrekening – dis nou vir die “free advice”.
– Ludwig Aling, Oudtshoorn