Briewe: 17 November 2022

Diereliefhebber vra oor skenkings

Ek sien daagliks inskrywings op Facebook vanaf ODIN wat pleit vir geld vir kos, mediese hulp, veearts- koste en petrol en die regmaak van ‘n bakkie waarmee diere gehelp word.

My bekommernis is egter, waar is al die R150 000 wat deur Lottoland geskenk is aan ODIN, en die 1,4 ton kos saam met medikasie.

Die “Charity Shop” se inkomste…..wat word van al daardie geld? Help my net bietjie reg dat ons kan verstaan.

Kon alles werklik in ’n maand opgebruik word, want Lottoland het op 21 September die program op ons kassies uitgesaai (ek verstaan dit neem ‘n rukkie vanaf verfilming tot uitsending), en op 25 September word daar weer gevra vir kos, medikasie en petrol.

Op 29 September ontvang julle weer ‘n groot donasie kos….en slegs 1 dag later op 30 September word daar weer gevra vir donasies vir kos.

Waar kan mens die NPO se bankstate besigtig, soos sekere ander diere-organisasies dit elke jaar op Facebook gepubliseer het?

Of was Lottoland se donasies en geld slegs vir George se ODIN tak?

– Bekommerde diereliefhebber

Colleen van Odin reageer:

Well, not sure what to say. We will ask for food DAILY and we will never stop.
On an outreach even 300 kg doesn’t make a dent. Plus 35-65 kg for all dogs that we feed in the afternoon.

The community brings their dogs and in so doing we can keep tabs on vaccination, sterilisations and general health.

Our kennels need 130-150 kg daily. Lottoland gave us 1 400 kg on 16 August, that means if we fed our kennels alone for 9.33 days, how long must it last then? So, be strong concerned member of community, we are not going to stop the begging, because the animals need us.

As for Lottoland we did not nominate ourselves. Lottoland had taken a decision to no longer assist Animal Welfare Organisations but due to the incredible amount of nominations they received, they did a due diligence on us.

If there’s a problem please contact us. It appears the concerned person has no idea what ODIN (Oudtshoorn Dogs in Need) does and should rather come visit and familiarise themselves.
If they have given any monies they receive a Section 18A Certificate. Any management accounts can be viewed at our offices. Then they can have a look around to see what we do.

– Colleen Smith, voorsitter en stigterslid van Odin (Oudtshoorn Dogs in Need).