Foto van die Week

Hierdie spekboom was amper onherkenbaar, met al sy pienk blomme. Die foto is geneem by Oudtshoorn se skougronde, op die hoek van Park- en Rademeyerstraat. Daar is opmerklik baie spekbome wat in en om Oudts-hoorn blom hierdie tyd van die jaar. Spekboom blare is wel eetbaar en kan ook gebruik word in koeke, blatjang, slaaisous en om konfyt te kook. Talle resepte is beskikbaar op Google. Foto Angelique Erasmus