Smulpaaptoekennings/ Gourmand Awards

Wenners in die afdeling vir restaurante is van links Giovanni en Wendy Rimini (Giovanni’s Italian Country Kitchen), Isabel en Deon van Wyk (Zamani Grill), Gerbrandt van Deventer (Bello Cibo) en Francois Ferreira en (voor) Anne Hadley.

Wenners in die afdeling vir informele eetplekke by Francois Ferreira (links) en Anne Hadley (regs voor) is van links Marlene Hendricks en Pieter Jacobs (Café Brûlé), Morné Arries (Cango Caves Estate), en Soan Jacobs en Niekie Eksteen (Village Trading Post wat ook bekroon is vir die beste wynlys in die Klein Karoo).

Wenners in die afdeling vir plaasstal-eetplekke is van links Shannon Botes (De Krans Bistro), Eric en Tieneke Zilverentant en Heidi Alexander (De Kloof Padstal). Foto’s: Schalk le Roux
DIE wenners van die jaarlikse Klein Karoo Smulpaaptoekennings is op 16 Maart bekendgemaak.
Die Smulpaaptoekennings is in 2012 deur die glanskok Francois Ferreira en die koskenner Anne Hadley geïnisieer en beoordeel eetplekke in die Klein Karoo jaarliks op grond van ’n wye reeks kriteria, onder meer die volgehoue goeie kwaliteit van die kos, die spyskaart en wynlys, die atmosfeer en die diens.
Eetplekke is in 2017 deur verskeie anonieme beoordelaars besoek. Die wenners was:,
Plaasstal-eetplekke: Karusa (Oudtshoorn), De Krans Bistro en Bella de Karoo (Calitzdorp), The Country Pumpkin en Alfresco Deli (Barrydale) en Die Kloof Padstal (Montagu).
Hotel-restaurante: Buffelsdrift en Su Casa @ Surval (Oudtshoorn) asook Mimosa Lodge en Montagu Country Hotel (Montagu).
Informele eetplekke: Village Trading Post (De Rust), Café Brûlé (Oudtshoorn), Signature Divine (Oudtshoorn), Cango Caves Estate (Oudtshoorn), Rose of the Karoo (Calitzdorp), Diesel & Creme (Barrydale) en Rambling Rose (Montagu)
Restaurante: Bello Cibo (Oudtshoorn), Giovanni’s Italian Country Kitchen en Zamani Grill (Calitzdorp) asook Kokkemans Kitchen en 22 Church Street Restaurant (Montagu).
Bubbling under: Casa del Sole en De Kombuys (Oudtshoorn), Stoepsit @ Boplaas (Calitzdorp) en The Cellar Restaurant (Barrydale).
• Eetplekke wat in 2017 tydelik gesluit was as gevolg van bou- of opgraderingswerk, of waar die spyskaart of chef tydens die beoordelingsjaar verander het, het nie vir 2017 se Smulpaaptoekennings in aanmerking gekom nie, en sal weer in 2018 beoordeel word.