SATERDAG 27 OKTOBER
APK Lentefees. 09:00. Hv Noordstraat en Jan van Riebeeckweg. Buiteverkope vanaf 08:30. Alles wat ’n basaar moet hê en nog baie meer. Almal is welkom.
SONDAG 28 OKTOBER
Oorwinningsdiens by NG Moedergemeente. 09:00. Daar is baie mense en gesinne wat in die greep is van kanker en ander ernstige siektes. Almal word nie weer gesond nie, maar tog sê die Bybel: “Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.” (Romeine 8:37) Ons nooi u uit (ook naasbestaandes) om saam ook dié oorwinning te beleef uit die Woord ondanks siekte en omstandighede en ’n kers aan te steek om dit te vier. Offergawes: Kansa.
DONDERDAG – SONDAG, 1 – 4 NOVEMBER
Prins Albert Leesfees. Vir inligting en aanlyn- kaartjieverkope, laai die Prince Albert Leesfees 2018-App af by Google Play, of besoek www.princealbertleesfees.org.
SATERDAG 10 NOVEMBER
Klein Karoo Klanke. La Dolce Vita. “Special Edition” reunion show featuring Jaco Kriek & Julia de Beer, Doug van Tonder, Marisca Rain.
WOENSDAG 14 NOVEMBER
Oudtshoorn Drankforum-vergadering. 14:00. Hernuwing van dranklisensies voor 31 Desember 2018. Navrae: ao Andries Marais (044 203 9094).