Garnett Wicomb
DIE saak teen ’n skoolhoof van ’n primêre skool in die Oudtshoorn-distrik wat van verkragting aangekla word, is Dinsdag in die Oudtshoorn Streekhof vir verhoor tot volgende jaar uitgestel. Streeklanddros LA Wilkens het die 54-jarige beskuldigde se borgtog en borgvoorwaardes tot 12 Maart 2018 verleng.
Die beweerde verkragting het volgens die klagstaat op 9 Februarie vanjaar in Meiringspoort plaasgevind. Die klaer is van De Rust.