Deur Ilze-Mari Gründling
’N 24-JARIGE man van Nissenville in Ladismith het is einde Augustus in die rondgaande streekhof in
Ladismith tot 25 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan verkragting.
Volgens ao Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith Polisie, het Elton Latel na bewering ’n 22-jarige vrou op 26 November verlede jaar omstreeks 03:00 agtervolg nadat sy ’n kuierplek, Klub 7 Caz, verlaat en huis toe geloop het.
Volgens Cederas het Latel haar na die kloof onderkant Flinkies Dinkies Kleuterskool geneem waar hy haar verkrag het. Tydens die verkragting het hy ’n skerp voorwerp teen haar keel gehou.
Die voorsitter van die Ladismith Gemeenskappolisieforum, Brazil Breda, het sy dank en waardering teenoor die gemeenskap uitgespreek vir hul hulp om Latel aan te keer.