Die Wild@Heart-mannegroep van die NG Oudtshoorn-Wes-kerk het onlangs ’n vrieskas en kospakkies aan die Oudtshoorn skut geskenk om onder meer die varshou van kos daar makliker te maak. Die skut word deur verskeie dierewelsynsorganisasies op Oudtshoorn gebruik om na weerlose of hawelose diere om te sien. Volgens Schalk Marais van die mannegroep is hierdie skenking moontlik gemaak deur projekte wat hulle aanpak, soos die “Patties with a Purpose”-veldtog. Hulle ondersteun nie net die skut nie, maar ook in omstandighede waar hulle die nood sien, volgens Marais. Foto’s verskaf