Water Warriors Saterdag wéér op Oudtshoorn!

’n Gedeelte van die eerste skenking vanaf die SA Water Warriors wat in Aprilmaand in Oudtshoorn afgelewer is. Foto: Angelique Erasmus

Deur Angelique Erasmus
DIE SA Water Warriors is vandeesweek weer op pad na Oudts­hoorn met ’n vrag kruideniersware en voer vir boere en plaaswerker-gesinne in nood.

Sowat 51 families is geïdentifiseer om dié skenkings te ontvang.

Die Water Warriors benodig tans bokse en plastieksakke vir die inpakslag.

Oudtshoorniete wat graag wil betrokke raak by hierdie inisiatief of skenkings wil afgee, kan Pieter du Plessis kontak by sel 076 844 6435.

Die eerste vrag kruideniersware en voer vanaf die SA Water Warriors is in April vanjaar in Oudts­hoorn afgelaai.

Dit het 140 ton veevoer, vyf ton kruideniersware en ongelooflik baie water ingesluit.

In Mei vanjaar het die Water Warriors 30 ton makataan, 800 kg aartappels en 140 kg uie inge­sluit.

Vandeesweek se konvooi met skenkings sal Saterdagoggend omstreeks 09:00 vanaf George en Kaapstad in Oudtshoorn aankom.