Stanley Blaauw die Karwag van die Maand

 

 

 

Oudtshoorn se karwag vir Maartmaand, Stanley Blaauw, is gistermiddag deur die Oudts-hoorn Besigheidskamer en die SAPD met ’n koshamper beloon vir sy goeie diens. By Blaauw (middel) is links Hennie Davel van die Besigheidskamer en kapt Wynand Du Plessis. Blaauw doen elke dag diens in Baron van Reedestraat naby die Polisiekantoor. Daar is reeds 20 permanente karwagte op Oudtshoorn en ses leerling-karwagte wat tans opgelei word as hierdie gesamentlike projek van die Besigheidskamer, die SAPD en die Oudtshoorn Munisipaliteit. Die wagte kom elke Woensdag bymekaar vir opleiding deur Davel en Du Plessis.
• Davel vra die publiek om dié groep wagte wat amptelike beffies dra, te ondersteun met ’n fooitjie. Elkeen van die beffies het ’n nommer op wat aandui dat hulle deel uitmaak van die projek. Foto Angelique Erasmus