Little Bo-Peep Pre-primêr op Oudtshoorn het gister (Woensdag) die skool se 35ste verjaardag met ’n feestelike oggendtee gevier. Die geleentheid is deur oud-onderwysers, lede van die beheerliggaam, ouers, asook ander skoolhoofde van Oudtshoorn bygewoon. Hier wys van links Anja Lamprecht, Duhan van Niekerk, Bea Bence en Naeela Müller die heerlike kolwyntjies waarmee elke kind bederf is.
• Little Bo-Peep Pre-primêr is in 1984 met ses kinders deur Teresa Markus op die terrein skuins agter die Joodse sinagoge begin. Na die eerste kwartaal het die skooltjie se getalle na meer as 20 gegroei. Tans spog Little Bo-Peep met 95 kinders. “Ons grootste droom vir die skool is dat elke kind wat hier skoolgaan, gelukkig sal wees,” sê Johnél van der Westhuizen, huidige hoof van die skool. Foto Angelique Erasmus