MEER as 100 000 kinders in Suid-Afrika woon in huishoudings waar daar geen volwassenes is nie.
52% van gesinne in Suid-Afrika is vaderloos.
70% van Oudtshoorn se inwoners is afhanklik van maatskaplike toelaes.
Dit was deel van die inligting wat Franzu Badenhorst, direkteur van Famsa Karoo, verlede Donderdag by ‘n netwerkaand van die Oudtshoorn Besigheidskamer gedeel het.
Badenhorst het ‘n ontstellende prentjie geskilder van hoe disfunksioneel die meerderheid Suid-Afrikaanse gesinne is en die vraag gevra: Geniet Suid-Afr5ikaanse gesinne ook rommelstatus?
Famsa bied beradingsdienste, gesins- en slagofferondersteuningsdienste, ouerskapprogramme en bedryf ook op Oudtshoorn die St Francis Invalsentrum wat bedags ‘n tuiste bied vir straatkinders.