Die bestuur van die Early Childhood Development (ECD) Forum op Oudtshoorn. Van links is Katy le Roux, Marilyn Blaauw, Anita Oktober, Katrina Fortuin en Sarie Suman (voorsitter). Foto: Schalk le Roux
DIE Klein Karoo Early Childhood Development (ECD) Forum is baie trots op wat hulle in 2017
bereik het, sê Katriena Fortuin wat lid is van dié forum.
Die ECG Forum het vanjaar talle aktiwiteite geloods.
Kleuterskole en ouers is betrek om die veiligheid van kinders onder almal se aandag te bring
deur ’n inisiatief waar almal saam deur die strate tot by die Dorkas Kleuterskool gestap het. Hier
het maatskaplike rolspelers en die polisie die teenwoordiges toegespreek.
Kleuterskole – ook op die plase – is voorts besoek om die behoeftes by die skole te bepaal en
ondersteuning aan te bied.
Die forum werk saam met die National Develop ment Agency (NDA). Bestuurslede ontvang hier opleiding en is betrokke by die bevordering van die uitbreiding van kleuterskole. Die
dagbestuur help ook reeds kleuterskole om die vereiste standaard te bereik deur hulle by te staan
met beleids- en kode-dokumente.
Die forum het meer as 72 lede by die forum.
Sarie Suman (voorsitter), Fortuin en bestuurslede het ook kleuterskole bygestaan om gereed te
wees vir die nuwe skooljaar in 2018.
“Ons sien uit daarna dat nog kleuterskole in die nuwe jaar by die forum sal aansluit,” sê Fortuin.
“Die forum bedank alle rolspelers, opvoeders en prinsipale vir die harde werk in ECD. Mag u ’n
vreugdevolle Christusfees hê.”