Du Toitstraat se Kerspartytjie groei steeds

Inwoners steek kerse aan vir ge lief - des wat hulle die jaar ontval het.

Inwoners steek kerse aan vir geliefdes wat hulle die jaar ontval het.

Die drie Coetzee- susters, Serelina, Alicia en Carmen. Foto’s: Garnett Wicomb

Die drie Coetzee-susters, Serelina, Alicia en Carmen. Foto’s: Garnett Wicomb

Deur Garnett Wicomb
DRIE susters, Serelina, Alicia en Carmen Coetzee van Du Toitstraat, Bridgton het vir die 9de agtereenvolgende jaar hul straat se inwoners, én sommer baie ander, verlede Saterdag – aand met hul jaarlikse Kers-straatpartytjie in ’n feestelike stemming gehad.

Volgens Alicia het hulle van die begin van die jaar hard gewerk om fondse bymekaar te maak en borg –
skappe te kry en kon hulle vanjaar vir 500 kinders en volwassenes ’n kos – pakkie gee.

Twee van die straat se oudste inwoners het ook elk ’n stewige kosmandjie as Kersgeskenk ontvang,
terwyl kerse aangesteek is deur die – gene wat die afgelope jaar geliefdes aan die dood afgestaan het.

’n Groep kinders van Du Toitstraat het soos gewoonlik vir Kersliedere en dansies gesorg, terwyl die gospelsangeres Lizell van Hansen en haar seun ’n paar sangitems gelewer het.

Morné Pietersen van EdenFM het die aand se verrigtinge met ’n kragtige Kersboodskap begin.

“Die partytjie word elke jaar groter en ons sien uit na volgende jaar se tiende om dit iets besonders te
maak,” sê Alicia.

Die susters het hul dank uitgespreek teenoor almal wat hulle met die partytjie ondersteun het.