Help Bergsig-leerders met warm klere

’N GROEP geestelike leiers het Die Hoorn genader om ’n beroep op inwoners te doen vir warm skoolklere vir die die leerders van Bergsig Primêr in Bridgton.

Die dringendste nood is swart skoolkoene, grys kouse, grys langbroeke vir beide seuns en meisies, wit hende en groen skooltruie.

Willie Freeks, hoof van Bergsig Primêr, het bevestig dat die behoefte onder leerders baie groot is. Hy sê gebruikte klere in ’n goeie toestand is ook welkom. • Skenkings kan by die skool of by die Die Hoorn afgegee word.