Vyfde wen in ’n ry

Aksie in Saterdag se wedstryd tussen Langenhoven Gimnasium en die Hoërskool George wat op die Gimmies se veld plaasgevind het. George het die taai wedstryd net-net met 40-36 gewen.  Foto: Ebenezer Titus

DIE eerste rugbyspan van Collegians het Saterdag (10 Mei) sy vyfde oorwinning in ’n ry behaal deur Beaufort-Wes met 26-8 te verslaan in ’n SWD Presidentsliga-wedstryd op Beaufort-Wes.

Collegians se drieë is gedruk deur Danovan le Roux (vleuel), Bertram Hendricks (skrumskakel), Michael Jonkers (slot) en Evano Holley (plaasvervanger-flank). Roberto Botha (heelagter) het drie drieë verdoel.
Beaufort-Wes het een strafdoel en ’n onverdoelde drie behaal.

Collegians is nou derde op die Karooliga-punteleer met Willing Hearts van Prins Albert in die eerste plek en Harlequins in die tweede plek.

• Collegians speel môre-aand (Vrydag) van 19:00 teen Willing Hearts op die Bridgton Sportgronde.