As deel van hul 100 jaar feesvieringe het Sacred Heart skool Maandag, 11 September, gepoog om 100 blikkies of sakke honde- en katkos in te samel. Deel van die dag se pret was ’n inkleurkompetisie asook ’n praatjie oor hondsdolheid en dierebeskerming. Daarna is al die donasies wat ingesamel is deur die ruimhartige leerders aan die diereorganisasie, ACT, oorhandig. Op die foto is al die wenners van die Grondslagfase se inkleurkompetisie saam met (agter van links) mnr McCallen van Sacred Heart, Elmarie Swiegers van ACT, Dr Cathy Fox (staatsveearts) en Carel Lotz. Foto: Verskaf
Hearties maak harte oop vir diere
