Sowat 50 spanne het Saterdagaand aan die 12de Cansa Relay for Life in die De Jager Stadion op Oudtshoorn deelgeneem. Sprekers wat tydens die aangrypende en ook vrolike geleentheid opgetree het, het die belangrikheid van die ondersteuning van familie en vriende aan kankerlyers beklemtoon. Die burgemeester, Colan Sylvester, het weer die klem op hoop laat val. “Solank daar lewe is, is daar hoop. Die hoop beskaam nie,” het hy gesê. Hier oorhandig Merle Singh, voorsitter van die Tuinroete Relay for Life, die fakkel aan Japie Coetzee, voorsitter op Oudtshoorn. Foto: Higgo Jacobs